
My Self-doen Bybel Joernale
​
​
​
​
​
Besoek hierdie blad gereeld.
Nuwe Joernale word deurlopend opgelaai sodra dit klaar geskryf is.
​
​​


Samestelling
Laai die joernaal af wat jy wil deurwerk (gratis). Druk soveel kopieë uit soos wat jy benodig. Jy is welkom om dit ook uit te deel. Ringbind jou joernaal vir 'n afgeronde boekvoorkoms.
​

Lesformaat
Daaglikse lesse val oop oor twee blaaie en volg kronologies op mekaar soos wat 'n Bybelboek deurgewerk word.

Voorkoms
Lesuitleg is kindervriendelik en maklik saamgestel sodat kinders, wat al self kan lees en skryf, onafhanklik dit kan deurwerk. Liefdevolle ouerleiding sal die reis deur die Bybeljoernale verryk en verpersoonlik.
​
​

Nuut in 2026!
...vir die Jongspan...
4 tot 8 jariges
Wees op die uitkyk gedurende 2026 vir die nuwe reeks Bybel Joernale spesiaal ontwerp vir jonger maats:
​​
​
My
Luister en Skryf
Bybel Joernaal
In hierdie joernale werk kinders onder leiding van hul ouers, saam deur verskillende Ou en Nuwe Testament Bybelstories.
BYBEL
JOERNAAL
My
Luister en Skryf




My Kreatiewe Bybel Joernale
9 tot 12 jariges
Hierdie is 'n reeks Bybel Joernale spesiaal vir kinders wat al self kan lees en skryf. Meeste kinders van hierdie ouderdom sal onafhanklik deur die joernale vorder, alhoewel liefdevolle ouerleiding die reis deur die Kreatiewe Bybel Joernale sal verryk.


Refleksie
Bybel Joernale
vir tieners.
Hierdie joernale is spesiaal ontwerp vir groter kinders (13-16 jaar) wat daagliks verskillende gedeeltes uit die Woord kan bestudeer en skryfplek bied om daarop te reflekteer en die inhoud daarvan te bedink.
​
Laat jou tiener beleef hoe Heilige Gees hom/haar help om die Bybel beter te verstaan, asook om God se kommunikasie deur Sy Woord te beleef. Deur hierdie reflekterende manier van Bybelse bestudering, sal tieners van jongs af die Woord van God prakties toepaslik deel van hul lewens maak.

Spesiaal vir Tieners
'n 30 Dag Bybel Joernaal vir 13-16 jariges.
Tydens die deurwerk van hierdie Refleksie Joernaal sal tieners daagliks blootgestel word aan verskillende Bybelgedeeltes, afwisselend tussen die Ou en Nuwe Testament. Hulle sal kosbare ontdekkings maak van wie God is en wat Sy plan vir die mens is. Soos hulle die Woord op hierdie wyse bestudeer en dieper daaroor nadink, is my gebed dat Heilige Gees hulle sal wysmaak, hoe om die Woord prakties deel van hul eie lewens te maak. Tieners sal met tyd meer leer van God se karakter en wie Hy werklik is. Terwyl hulle die dissipline aanleer om gereeld tyd in God se Woord te spandeer, sal dit tot gevolg hê hulle in hul geloof groei soos hul kennis van God toeneem.
​
Deur daagliks toegewyd en puntsgewys deur die Bybelgedeeltes te beweeg, sal tieners:
-
die Bybelboeke beter leer ken
-
leer om te reflekteer op God se Woord deur te bepaal wat die Bybelverse aan hulle persoonlik sê op daardie gegewe oomblik
-
Bybelkarakters beter leer ken as werklike persone
-
beleef hoe Heilige Gees sekere woorde of verse uitlig waarmee Hy spesifiek met jou wil gesels
-
leer om vanuit die Woord te bid en hoe om jou verbeelding te aktiveer en jou in te leef in Bybeltekste
-
leer om die kern/ hart of tema van ‘n spesifieke Bybelteks te identifiseer soos Heilige Gees dit aan jou openbaar op daardie oomblik
-
met groter aandag en intensie Bybelverse te bestudeer
-
leer hoe om waarhede in die Woord, deel van jou eie lewe te maak (toepassing)
-
leer om waardevolle beloftes van God aan jou persoonlik, neer te skryf en te memoriseer en so in jou hart en lewe vas te lê.
-
besef dat Heilige Gees jou geliefkoosde en broodnodige Onderwyser is wanneer jy die Bybel bestudeer
-
God se kommunikasie deur die verse van Sy Woord te ervaar en...
-
‘n lewenslange fondasie te vorm, van hoe om die Bybel prakties deel van jou lewe te maak en daardeur ‘n groot liefde vir God se Woord te ontwikkel.
​
*Alle Bybel aanhalings is gemaak vanuit die Afrikaans 1983 vertaling.
















